ROOI BRANGUS
Keeversfontein Rooi Brangus Stoet is geleë aan die voet van Van Reenens pas. Die stoet het ontstaan in 1978 en sedertien word daar op 'n ekstensiewe stelsel met die diere geboer. Hierdie is geharde beproefde veldbulle en loop op strawwe rooiwater en galsiekveld. Bulle word op 16 maande ouderdom gebruik by verse en eerste kalf koeie. Op 27 maande word hulle in die koei kudde gebruik en daarna op jaarlikse produksieveiling verkoop. Die kudde bestaan tans uit 1600 teel koeie. Voorvereistes vir teelkoeie: - Koeie moet elke jaar kalf - Koeie moet deurwinter op die veld met 'n winterlek - 'n Minimum van 205kg kalwers speen.
SA BOERPERD
Keeversfontein SA Boerperd stoet streef daarna om geskikte, gemaklike ryperde te teel wat +- 15.2hh is en 'n gang kan loop. Kudde bestaan hoofsaaklik uit die Lang Carel bloedlyn. Reun perde word op 2 jaar ouderdom ingebreek en vir bees werk op die plaas gebruik tot hulle 5 jaar oud is, waarna hulle te koop aangebied word. Hierdie perde is dan baie mak en "schockproof"
JAGKAMP
Keeversfontein Boerdery is geleë in 'n malaria vrye area slegs 5 minute vanaf die N3 Tugela Toll Plaza op die R103. Slegs 2 ure vanaf Durban en 3 ure van Johannesburg.